GR. 6 HAWAII
KOPKRAPPERS

V: Wat proe beter as wat dit ruik? Tong
V: Wat het ’n gesig en twee hande maar nie arms of bene nie? Horlosie
V: Wat moet jy breek voordat jy dit kan gebruik? Eier
V: Elkeen het een maar jy kan dit nie verloor nie?
Jou skaduwee
V: Wat vra altyd maar antwoord nooit?
Uil
Kyk of julle die antwoord kan kry en stuur die antwoorde per e-pos na my toe.
Daar is 'n beloning vir die persoon wat eerste die regte antwoorde gee!!
’n Klas van 30 leerlinge se gemiddelde persentasie is 60%.
Jy haal net een leerling se persentasie uit die groep en die groep se gemiddelde persentasie daal met 1 persentasiepunt.
Wat is die persentasie van die leerling wat jy uitgehaal het?
Hoeveel vierkante sien jy in die prent?

Nog 'n kopkrapper
Indien jy ’n houtkubus van 5 cm x 5 cm x 5 cm aan al vier kante volledig rooi verf en die blokkie daarna opsaag in blokkies van 1 cm x 1 cm x 1 cm, hoeveel van hierdie blokkies sal agterna nie ’n rooi geverfde kant hê nie?
PROBEER DIE EEN.
Daar is ‘n swart pad, in die middel van die swart pad is ‘n swart hond.
Daar kom ‘n ou aangery met sy kar, die kar se ligte is af, die straatligte is af en die maan is nie daar nie….Die ou ry om die hond… Hoe het hy geweet die hond is in die pad?
NOG EEN...
Jy is ouer as wat jy was, maar jonger as wat jy ooit sal wees?