top of page

Mislukte proefneming

"EK wou my hond leer om te blaf wanneer hy honger is. Ek het hom meer as honderd keer gewys hoe om dit te doen."
        ''En? Blaf hy nou wanneer hy sy kos wil hê?"
        "Nee, nou wil hy glad nie vreet voordat ek eers vir hom geblaf het nie!"

 

 

 

 

Die verskil tussen honde en katte

'N HOND kyk na sy baas en dink by homself: "Sjoe! Hierdie mens voer my, speel met my, hou my skoon en gee my 'n plekkie om te slaap. Hy moet 'n goddelike wese wees!"

  • En 'n kat dink: "Hierdie mens gee my kos, speel met my, hou my skoon en gee my 'n slaapplek. Ek moet 'n goddelike wese wees!"  

 

 

 

Nare hebbelikheid

'N HOOGS ontstelde man kom met sy reusagtige hond by die veearts aan.
        ''Dokter, help tog, asseblief. My hond het deesdae die nare hebbelikheid om klein motors te jaag."
        "Maar, meneer,'' glimlag die veearts, ''dis tog doodnatuurlik. Byna alle honde hardloop agter motors aan."
        ''U verstaan nie, dokter, Myne vang hulle en begrawe hulle in die agterplaas!"

 

 

 

 

Die hond wat weg is

"O, JY sê jou hond het weggeraak? Hoe lyk hy en wat is sy naam?"
        "Hy's effens groterig, met gladde, swart hare en hy's so gebaster dat 'n mens onmoontlik kan sê watter soort hond hy is. Maar as 'n mens sy naam, Nero, roep en hy kom nie, dan is dit hy!"

 

 

 

 

Onnosel, dis nou maar wors...

"EK HET gister vyf potte skaak saam met my worshond gespeel."          "Ongelooflik! Hy moet 'n ontsettende slim dier wees."
         "Ag, nie eintlik nie. Ek het hom vier uit die vyf keer geklop!"

 

Trevor Noah

52 KloofStraat

Kaapstad

8001

Your details were sent successfully!

bottom of page